Wynand & Chereé

Chereé

Suid Afrika se eie Country Girl met smeuelende Latynse looks en 'n stem wat die asem wegslaan.

Chereé het reeds vier CDs vrygestel en met haar vars en oorspronklike styl het sy reed duisende aanhangers gewen. Van Vroekeur se Album van die Jaar  tot IFM Radio se Nuweling van die Jaar het Chereé in haar relatief kort loopbaan reeds duidelik gewys waarna sy oppad is.

Op haar gemak in die ateljee of op die verhoog is ons eie Country Girl reg om jou met haar stem, skoonheid en musiektalent te verstom.
Wynand Strydom

Met sy rasperstem en eiesoortige inslag het Wynand sedert sy debuut in 2003 vinnig by Afrikaanse gehore aanklank gevind. wynand sal teen middel 2008 'n nuwe vrystelling die lig laat sien nadat hy verlede jaar 'n duet-CD met sy verloofde Chereé uitgegee het.

Dié album, Dit Is Ons Lewe, het groot belangstelling onder musiekliefhebbers uitgelok. Met verkope van 2006 se Pamperlang wat oor die 15 000 draai is dit seker dat Wynand binnekort een van Afrikaanse musiek se heel grotes sal wees.