Meer as 35 duisend albums al verkoop, 2 MK89 Musiek Toekennings, drie nommer een treffers, DRIE Huisgenoot Tempo toekenning nominasies, 'n VONK Toekenning, SAMA nomiasie vir beste Afr DVD. Sy eie, baie populere program op MK 89 genaamd 'Petrolkop' en vol gepakte sale by al sy live shows! Snotkop is die nuwe pop-rock sensasie wat die land behoorlik aan die ROCK het!
Snotkop, of te wel Francois Henning, maak groot golwe met sy afrikaanse albums wat die jeug en die jong van hart aanspoor om op te staan vir hulle regte, te glo in hulle individualiteit en om te paartie dat die uile huil en is baie passievol om sy boodskap oor te dra aan Suid Afrika se jeug van die GOOT GEVARE van DWELMS.
Gebore en groot geword in Johannesburg, Randburg, het Francois vinnig sy passie vir musiek ontdek en het reeds op die ouderdom van 10 begin om Demo kasette op te neem en na plaatemaatskappye te stuur. Niks kon hom keer nie en het op 19 sy eerste Plate kontrak losgeslaan by een van die land se top plate matskappye 'GALLO', as SA se eerste Sotho sprekende Kwaito ster 'Lekgoa'. Lekgoa het Afrika en die res van die wereld laat regop sit. Vier jaar later het Francois besluit om in sy moedertaal te sing, oor dinge wat die jeug raak, en so is Snotkop gebore.
Snotkop is een van Suid-Afrika se gewildste kunstenaars met 'Sexy Street Cred' en energie wat skrik vir niks. Sy lewendige optredes is 'n belewenis, met 'n vier stuk band en ongelooflike vertonings, is dit geen wonder dat hulle sale propvol met skreeuende aanhngers reg oor die land pak nie!