Nicholis Louw

Nou ja. Oor Nicholis kan mens nie veel sê nie. Opwindend is nie die woord nie en talentvol skiet ver tekort. Mens kan dalk kyk na veelsydig, maar dit is ook nie eintlik heeltemal waar nie.

Suksesvol? Ja, beslis. 'n Meesterlike vertolker van beide Afrikaanse en internasionale musiek? Verseker. 'n Kunstenaar wat gehore laat swéét? Dis nie altemit nie. Drie CDs wat almal soos soetkoek verkoop en rekords laat spat?

Dis hy daai. Nee wat, Nicholis, is net Nicholis.

Die opwindendste en vermaaklikste kunstenaar wat Afrikaanse musiek nog gesien het. Verder kan mens nie veel sê nie.