Glaskas het ontstaan toe hulle oorspronklik in 2004 deelgeneem het aan die Jip Rockspaaider kompetisie.
Die naam beteken eenvoudig dat hulle vasgevang voel in die glaskas wat die wêreld rondom hulle gebou het. Die feit dat dit ‘n GLASkas is beteken dat hulle voel hulle kan die moontlikhede voor hulle sien, maar aangesien hulle gebind word deur die reëls van “werklikheid” voel hulle teruggehou om die moontlikhede te ervaar. Musiek is egter ‘n briljante en vir hulle die beste manier om stadig maar seker hierdie glas te breek...