CHRISTO SNYMAN, COBUS SNYMAN en NIC SNYMAN (verhoognaam NIC STEVENS) is, sedert die BEEGEES, die enigste drie BROERS in die wêreld wat as ‘n professionele groep saam sing. Benewens hul sangtalent is elkeen ook bedrewe musikante wat verskeie instrumente bespeel. Al drie het vanaf ‘n betreklik jong ouderdom formele musiek- en sang onderrig ontvang. Vandag is musiek hul enigste beroep.
BROERS tree eksklusief op as ‘n konsert groep. CHRISTO en COBUS tree egter ook op as ‘n duo en NIC STEVENS as individu by danse, troues, korporatiewe- en privaat funksies, fondsinsamelings, feeste of enige ander geleentheid waar musiek ‘n faktor is.
Die treffer Huistoe het 'n Tempo nominasie gekry as gewildste liedjie van die jaar en die BROERS se dvd " BROERS TUSSEN DIE STERRE " is genomineer vir die kategorie, beste dvd van die jaar
BROERS het tans ‘n CD getiteld “BROERS” en ‘n DVD “BROERS TUSSEN DIE STERRE” op die winkelrakke