2006 was `n goeie jaar vir Bobby van Jaarsveld. Hy het 3 nominasies gekry as Beste Nuweling vir 2006. Dit was by KKNK - Kanna nominasie, asook deur die Vonk tydskrif en ook deur Huisgenoot. Hy wen toe die Huisgenoot-Tempo toekenning by Skouspel 2006 vir Beste Nuweling. Dit was `n groot hoogtepunt in sy lewe. Die volgende hoogtepunt was toe Bobby gekies is vir Skouspel 2007. Daar is nie woorde om hierdie ervaring te kan beskryf nie. Ek was ook in 2008 deel van Skouspel.
In Mei 2008 het ek begin om saam met my eie band op te tree - dit gee ’n vertoning soveel meer waarde en is ‘n groot voorreg.