Arno Jordaan

Arno Jordaan is nie net (baie) sag op die oog nie, sy hande staan ook vir niks verkeerd nie. Buiten sing, liedjieskryf en knieë lam maak, is Arno ook 'n kranige rugbyspeler.

Sy debuutalbum, Altyd, het by vrystelling die bedryf se ore laat spits en sy tweede CD, Ek Jou Hê, het reeds die tonge los. Arno se suksesresep is dans-rock nommers wat selfs die ouer garde se voete sal laat jeuk en dié dansliedjies bly eenvoudig in jou kop vassteek.

Die 23-jarige Arno het oor die afgelope paar jaar as kunstenaar goed gegroei en hy kan nou maklik met die groot name soos Nicholis Louw en Dozi vergelyk word.